VOETSPORE: Johan & Nina Badenhorst

R390.00

VOETSPORE: Johan & Nina Badenhorst

Saterdag – 18 Oktober 2025

PLEK: Jakkalsvlei Kelder, Herbertsdale

TYD: 18:00

Johan Badenhorst is ‘n ontdekkingsreisiger, storieverteller en uitsaaier wat die TV-reeks Voetspore in 2000 begin het. Hy het sy span op talle avonture regoor Afrika geneem – van Casablanca tot die Kaap, Agulhas tot Alexandrië, en selfs met die ewenaar langs die kontinent gekruis en die Zambezirivier gevolg van sy oorsprong tot by die see. Hulle het ook deur Madagaskar getrek en met motorfietse deur die Himalajas gery. Meer onlangs was daar drie ekspidisies deur Suid Amerika. Johan het meer as 400 000 km met sy reise agter die blad (dis meer as agt keer om die planeet). Hy droom nie net groot nie, hy maak eintlik daardie drome ‘n werklikheid en bring mense saam vir die reis. Johan het reeds 18 Voetspore-ekspedisies voltooi.

Nina se liefde vir mense en kook is duidelik terwyl sy beheer neem oor die logistiek en etes tydens die reise, en dit altyd met ‘n glimlag. Saam met haar pa Johan speel Nina ‘n belangrike rol in die organisering van toere, aanbieding en kook vir Voetspore-ekspedisies asook Voetspore Safaris (dis wanneer hulle kliënte op kort reise in Afrika neem). As die enigste vroulike lid van die span is Nina ‘n baanbreker wat toekomstige vroulike reisigers inspireer. Nina het reeds 5 keer die Voetspore avontuur beleef – deur Suid Afrika, die Zambezi-reis asook die drie Suid Amerikaanse reise.

Kom kuier saam met Johan en Nina by die Jakkalsvlei Kelder en geniet ‘n heerlike aand van stories oor hul avonture.  Kaartjies sluit in: Steak, chips en slaai.

Mooi Loop…
Category:

Description

Saterdag – 18 Oktober 2025

PLEK: Jakkalsvlei Kelder, Herbertsdale

TYD: 18:00

Johan Badenhorst is ‘n ontdekkingsreisiger, storieverteller en uitsaaier wat die TV-reeks Voetspore in 2000 begin het.  Hy droom nie net groot nie, hy maak eintlik daardie drome ‘n werklikheid en bring mense saam vir die reis.

As die enigste vroulike lid van die span is Nina ‘n baanbreker wat toekomstige vroulike reisigers inspireer. Nina het reeds 5 keer die Voetspore avontuur beleef saam met haar pa Johan.

Kom kuier saam met Johan en Nina by die Jakkalsvlei Kelder en geniet ‘n heerlike aand van stories oor hul avonture.  Kaartjies sluit in: Steak, chips en slaai.
Mooi Loop…

Event Details

VOETSPORE: Johan & Nina Badenhorst

Saterdag – 18 Oktober 2025

PLEK: Jakkalsvlei Kelder, Herbertsdale

TYD: 18:00

Johan Badenhorst is ‘n ontdekkingsreisiger, storieverteller en uitsaaier wat die TV-reeks Voetspore in 2000 begin het. Hy het sy span op talle avonture regoor Afrika geneem – van Casablanca tot die Kaap, Agulhas tot Alexandrië, en selfs met die ewenaar langs die kontinent gekruis en die Zambezirivier gevolg van sy oorsprong tot by die see. Hulle het ook deur Madagaskar getrek en met motorfietse deur die Himalajas gery. Meer onlangs was daar drie ekspidisies deur Suid Amerika. Johan het meer as 400 000 km met sy reise agter die blad (dis meer as agt keer om die planeet). Hy droom nie net groot nie, hy maak eintlik daardie drome ‘n werklikheid en bring mense saam vir die reis. Johan het reeds 18 Voetspore-ekspedisies voltooi.

Nina se liefde vir mense en kook is duidelik terwyl sy beheer neem oor die logistiek en etes tydens die reise, en dit altyd met ‘n glimlag. Saam met haar pa Johan speel Nina ‘n belangrike rol in die organisering van toere, aanbieding en kook vir Voetspore-ekspedisies asook Voetspore Safaris (dis wanneer hulle kliënte op kort reise in Afrika neem). As die enigste vroulike lid van die span is Nina ‘n baanbreker wat toekomstige vroulike reisigers inspireer. Nina het reeds 5 keer die Voetspore avontuur beleef – deur Suid Afrika, die Zambezi-reis asook die drie Suid Amerikaanse reise.

Kom kuier saam met Johan en Nina by die Jakkalsvlei Kelder en geniet ‘n heerlike aand van stories oor hul avonture.  Kaartjies sluit in: Steak, chips en slaai.

Mooi Loop…

Date: 18 October 2025

Start time: 18:00 SAST

End time: 22:00 SAST

Venue: Jakkalsvlei Vineyards, Herbertsdale

Phone: +27443330222

Email: events@jakkalsvlei.co.za